Juan Boucher LIVE @ Dozi's Back to the Roots

Juan Boucher is met rede een van Suid-Afrika se gewildste kunstenaars.
Sy musiek het die vermoë om jou dansvloer toe te sleep, sy stem skuur soos honderdgrein skuurpapier oor die klank van elektriese kitare en met sy lirieke deel hy digterlik en opreg sy eie ervarings.

Juan wie inspirasie vanuit sy eie lewe put om liedjies te skryf, het besluit om sy nuwe album 'HIER WAAR EK NOU IS' te noem. 'HIER WAAR EK NOU IS'; is die kulminasie van evolusie waardeur Juan gegaan het met sy laaste drie albums. Dit is volwasse en minimalities, maar lewer steeds 'n muskale skop.

Juan tree 27 Augustus 2023 op by Dozi se gewilde 'Back to the Roots' in Harties. Die venue spog met 'n warm atmosfeer, heerlike kos en goeie klank. Dit is die ideale kuierplek om saam met vriende na musikante te kom luister.
Dozi maak natuurlik ook 'n draai op die vehoog om sy gaste te verwelkom.

Daar is min musiek 'venues' waar mens nog spontane 'colabs' sien tussen musikante. 'Back to the Roots' is een van hulle. Doen die moeite, bespreek jou kaartjie en gaan kuier saam met Juan en Dozi, 27 Aug 2023.
Hekke maak reeds 11 uur oop en optredes begin vanaf 13:00 die middag.

Jy sal nie spyt wees nie.

Kliek hier om jou kaartjies te koop:
https://tickets.tixsa.co.za/event/juan-boucher-live-at-the-roots

Back…